Bekwame, etiese mense in poste sal openbare sektor veerkragtig maakJune 12, 2023
Openbare verkrygings-kenner, kampvegter teen korrupsie en professor in Regte aan die Universiteit van Stellenbosch, Sope Williams-Elegbe, sê om bekwame en etiese mense in die openbare sektor in diens te neem sal help om korrupsie in Suid-Afrika te beëindig. Sy sê, sy sien so ‘n groot verskil in die manier waarop die land in die openbare sektor personeel werf, teenoor die manier waarop dit in die private sektor geskied. Williams sê enige persoon wat in die private sektor gewerk het, weet dat hulle byvoorbeeld baie psigometriese toetse en evaluering doen: