Rwandese volksmoord-beskuldigde staan tereg op 54 klagteJune 9, 2023
Die landdroshof in Kaapstad het die Rwandese volksmoord-beskuldigde, Fulgence Kayishema, se saak tot 20 Junie uitgestel. Kayishema is glo een van die mees gesoekte oorblywende vlugtelinge van die Rwandese volksmoord in 1994 waartydens ‘n geraamde 800 000 mense vermoor is. Die Verenigde Nasies se Internasionale Residuele Meganisme vir Straf-tribunale wil hom verhoor op aanklagte van sameswering om volksmoord te pleeg en misdade teen die mensdom. Hy is onlangs in die Paarl in hegtenis geneem. Eric Ntabazalila van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap sê Kayishema staan tereg op 54 aanklagte.