Wieg van die mensdom lewer nog geheime opJune 7, 2023
Wetenskaplikes het die wêreld se oudste begraafplaas ontdek by die Wieg van die Mensdom aan die Gautengse Wes-Rand. Dit is na raming 200 000 jaar oud. Die terrein bevat die oorblyfsels van Homo Naledi, ‘n verre familielid van mense met kleiner breine en daar is voorheen geglo hul ontbreek die vermoë om ingewikkelde gedrag te toon. Die navorsingspan onder leiding van die bekende paleo-antropoloog, Lee Berger, het verskeie monsters van Homo Naledi gevind in ‘n grot-stelsel in die wêreld-erfenisgebied. Die ontdekking oortref voriges in die Midde-Ooste en Afrika en werp nuwe lig op menslike ontwikkeling.