SA-ekonomie wipplank so gemiddeld is daar nie groei nie – SaftuJune 7, 2023
Die Suid-Afrikaanse federasie van vakbonde, Saftu, sê die land se ekonomie neig om ‘n kwartaallikse op en af patroon te volg wat volgens ‘n jaarlikse gemiddeld min groei toon. Die land se ekonomie het vanjaar in die eerste kwartaal met 0,4 persent gegroei. Vervaardiging, vervoer en die boubedryf was die dryfvere agter die minimale groei. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die onbeduidende groei in die eerste kwartaal en wat vir die res van die jaar voorspel word, is nie ‘n verrassing nie: