SA-verdedigingsafvaardiging op pad na WashingtonJune 5, 2023

‘n Afvaardiging van 20 lede van die Departement van Verdediging is op pad na Washington om die 19de SA-VSA Verdedigingskomitee-vergadering van Woensdag af by te woon. Dit sal gelei word deur die waarnemende sekretaris vir Verdediging, Thobekile Gamede. Onder die kwessies wat bespreek sal word, is prioriteitsareas vir moontlike toekomstige samewerking in land-, lug-, see en ondersteunings-tegnologie. Die forum sal ook toekomstige militêre oefeninge bespreek, asook toekomstige sleutel-leierskap-betrekkinge. Die departement sê die komitee bly ‘n belangrike en bestendige forum vir bilaterale samewerking tussen die twee lande.