Fotograaf dagvaar Ye vir aanrandingJune 3, 2023

’n Fotograaf wat beweer Kanye West het haar selfoon in ’n konfrontasie op die grond gegooi, dagvaar hom vir aanranding. Nichol Lechmanik sê die kunstenaar, wat nou formeel bekend staan as Ye, het haar groot geestelike en emosionele pyn tydens die insident wat in Januarie plaasgevind het,  veroorsaak. Die regsgeding sê Lechmanik het foto’s van Kardashian geneem maar toe sien sy Ye argumenteer met iemand toe begin sy hom afneem. Beeldmateriaal van haar selfoon wys hoe hy die motor bestorm, die foon gryp en op die grond gooi, voordat hy wegstap. Lechmanik eis algemene, spesiale en bestraffende skadevergoeding maar geen bedrag is bekend nie.