Britse kaartjie wen boerpot van N$2,7 miljardJune 3, 2023

‘n EuroMillions-boerpot van 111,7 miljoen Britse pond, of te wel, 2,7 miljard Namibiese dollar, is deur ‘n Britse kaatjiehouer gewen. Dit is die vierde Britse boerpot-wenner vanjaar, en Britte wat kaartjies gekoop het word versoek om hul nommers na te gaan. Verlede maand het tien busbestuurders en hul maatskappysekretaris 1 miljoen pond met hul wenkaartjie gewen.