Trustco verkoop gedeelte van sy portefeuljeJune 2, 2023
Die Trustco-groep lig sy beleggers in oor sy strategiese besluit om ‘n gedeelte van sy belegging in sy bank- en finansierings-portefeulje te verkoop. Hierdie strategiese skuif strook met Trustco se algehele belegging-strategie en weerspieël die maatskappy se verbintenis om langtermyn beleggingsgroei aan te dryf en waarde vir sy beleggers te skep, sê die adjunk-uitvoerende hoof, QZ van Rooyen. As deel van hierdie strategiese inisiatief sal Finbond 49 persent-eienaarskap in Trustco Finance, bekend as die Finbond-transaksie, verkry. Trustco Finance het tot op hede studentelenings van ongeveer 1,3 miljard Namibiese dollar uitbetaal, wat meer as 62 000 studente bevoordeel het, en meer as 2,5 miljard dollar se lening-terugbetalings ingevorder het.