Reuse-winste vir MTC

MTC het ‘n bedryfswins van net minder as 534 miljoen Namibiese dollar getoon vir die ses maande geëindig 31 Maart 2023, ‘n toename van sowat 6,5 persent vergeleke met dieselfde halfjaar in 2022. MTC het inkomste van sowat 1,48 miljard dollar vir die ses maande onder oorsig gerapporteer, wat byna 2,4 persent op ‘n jaargrondslag gestyg het. Die groep het ’n tussentydse dividend van 46 dollar 45 sent per aandeel verklaar, sowat 25,5 persent meer as dieselfde halfjaar in 2022.