Maddie McCann: Baie ‘items’ in opgaardam gevind
Duitse owerhede sê verskeie items is gevind tydens die soektog in Portugal in die Madeleine McCann-saak. ‘n Opgaardam is deursoek naby die vakansie-oord waar die driejarige Britse meisie verdwyn het tydens in gesinsvakansie in 2007. ‘n Duitse man, Christian B., wat tans ‘n vonnis uitdien vir die verkragting van ‘n vrou in Portugal rondom die tyd toe Madeleine verdwyn het, is die hoofverdagte in die saak. Duitsland sê die items word beoordeel, maar daar is nog nie sekerheid of dit verband hou met die saak nie.