Jagpermitte dalk die oplossing vir mens-olifant-konflik
Daar word berig dat die verhoging van olifantjagkwotas een van die opsies is wat die omgewingsministerie kan oorweeg om mens-olifant-konflik te verminder. Tans ontvang die bewaringsgebiede elk ’n kwota van 34 olifante per jaar en dit sluit ook kwotas vir tradisionele feeste in, terwyl die trofee-kwota 90 olifante ‘n jaar is. Olifante is verantwoordelik vir die meerderheid van mens-wild-konflikgevalle in Namibië primêr omdat die bevolking tans net in die Kaza-oorgrens bewaringsgebied op 24 000 staan wat beteken dat die Namibiese bevolking die syfer ver oorskry.