Gesondheidsministerie: Voorkom só voedselverigtiging
Die Namibiese gesondheidsministerie het voorsorgmaatreëls met die publiek gedeel om voedselvergiftiging te vermy. Dit volg ná die vergiftiging van 17 lede van ‘n huishouding in die Kayova-nedersetting in die Kavango Oos-streek bekend gemaak. Nege is reeds dood, almal 16 jaar en jonger met die jongste sterfgeval ‘n twee-jarige seuntjie. Agt word steeds in die hospitaal behandel waarvan vyf kritiek is. Die groep het almal mahangu gemeng met ‘n sediment van ‘n tuisgemaakte bier, mundevere, geëet. Walters Kamaya woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…