China stuur drie ruimtevaarders na Tiangong-stasie
China het vandag drie ruimtevaarders na sy nou ten volle operasionele ruimtestasie, Tiangong, gestuur om die vorige bemanning te vervang. Chinese staatsmedia berig dit is die vyfde bemande sending na die Chinese ruimtestasie sedert 2021. Die Shenzhou-16-ruimtetuig, wat goddelike tuig beteken, is met ‘n vuurpyl gelanseer in die Juiquan-lanseringsentrum in die Gobi-woestyn in die noordweste van China. Die 56-jarige Jing Haipen is op sy vierde ruimteruis en word vergesel van Gui Haichoa en Zhu Yangzhu, albei 36.