Cele: Moordsake neem toe
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het aangekondig moordsake het tussen Januarie en Maart vanjaar met 3,4 persent toegeneem. Hy sê 6 285 mense is volgens berigte met ‘n stomp voorwerp óf ‘n vuurwapen vermoor. Cele het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die misdaadstatistiek vir die vierde kwartaal. Hy sê KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en Gauteng het die hoogste aantal moorde aangemeld, terwyl die Vrystaat, die Noord-Kaap en die Wes-Kaap afnames in moordsake aangeteken het.