Beroepsopleiding weer in die nuus met duisende wat ‘n Nampol-poste aansoek doenMay 30, 2023
Beroepsopleiding het weer onder die loep gekom met die reuse-aantal aansoeke van byna 43 000 wat ontvang is vir 1 000 poste vir kadet-konstabels in die Namibiese polisie. Volgens Nampol is altesaam 42 967 aansoeke landwyd ontvang. Net 2 398 van hierdie hoopvolles het die kortlys gehaal vir onderhoude. Op die kortlys is 1 664 mans en 734 vroue, waarvan meer as 90 persent grade het, wat wissel van geoktrooieerde rekenmeesters tot regslui en ander. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewers-vereniging, gepraat wat sy reaksie gedeel het…