VN vier Internasionale VredesbewaringsdagMay 29, 2023
Nes die Namibiese weermag, herdenk die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vandag in die Vrystaat die Verenigde Nasies se Internasionale Vredes-bewaringsdag. Die tema vanjaar is “Vrede begin by my”. Die SANW se woordvoerder, Andries Mahapa, sê die dag bring hulde aan gevalle helde asook persone in die weermag wat hul lewens daaraan wy om vrede in verskeie lande te handhaaf. Mahapa sê die dag beklemtoon ook die uitwerking van oorlog op die mensdom.