Minder pasiënte toon simptome van choleraMay 29, 2023
Die Gautengse departement van gesondheid sê die afgelope paar dae het minder pasiënte met simptome van cholera by gesondheidsfasiliteite aangemeld. Die dodetal na die cholera-uitbreking in Hammanskraal, noord van Pretoria, het tot 23 gestyg, met 48 mense in die hospitaal. Een persoon is in die Vrystaat dood, wat die totale aantal sterftes op 24 te staan bring. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die Jubilee-hospitaal het sedert 15 Mei 215 pasiënte met simptome van die siekte gesien.