UNAids bekommerd oor befonds vir MIV/vigs in AfrikalandeMay 27, 2023
Leiers en senior amptenare by organisasies wat hul beywer in die stryd teen MIV/vigs, vra dat groter druk op Afrikalande geplaas om fondse beskikbaar te stel om dié gesondheidskrisis teen 2030 te beëindig. Die organisasie, UNAids sê dié lande, insluitend Namibië, moet verseker dat hul MIV/vigs-reaksies voldoende befonds is. Dit was een van die sleutel-onderwerpe tydens ‘n webinar oor die vordering wat in 13 Afrika-lande gemaak word in die stryd teen MIV/vigs. Skenker-befondsing neem af weens die druk op regerings om na die Covid-pandemie te herstel. Die wêreldwye inflasiekrisis dra ook by tot die afname in befondsing.