NAC gee rede vir vliegtuig wat lank by HKIA sirkel  

‘n Vliegtuig wat vir twee ure by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gesirkel het, het groot reaksie onder die publiek uitgelok en vrae laat ontstaan. Die woordvoerder van die Namibiese Lughawens-maatskappy, Dan Kamati, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dit was ‘n operasie wat deur die nasionale burgerlugvaart-owerheid uitgevoer is. Hy verduidelik waaroor die operasie gaan…