Priscilla sal nie langs Elvis kan begrawe word nieMay 23, 2023
Dit blyk dat kalmte herstel is ná maande se drama vir Lisa Marie Presley se gesin in die nasleep van haar dood in Januarie vanjaar. Haar ma, Priscilla, en dogter, Riley Keough, was in ‘n regstryd gewikkel nadat Priscilla haar dogter se testament betwis het. Priscilla het die geldigheid van ‘n 2016-wysiging aan Lisa Marie se trust bevraagteken. Maar, die partye het geskik en die trust sal steeds die Graceland-herehuis en ‘n 15 persent belang in Elvis Presley Enterprises beheer. Alhoewel hul dispuut bygelê is, het dit aan die lig gekom dat Priscilla een versoek gehad het wat tydens die afhandeling van haar oorlede dogter se boedel geweier is: om langs haar man, Elvis Presley, by Graceland begrawe te word.