Esau was sy hande in onskuld, sê hy het nie geweet nieMay 23, 2023
Die borgaansoek van die oud-visseryminister Bernhardt Esau duur voort voor regter David Munsu. Nes hy ontken het dat hy ‘n iPhone wat twee simkaarte kan gebruik wou gehad het, ontken hy dat hy enigsins betrokke wat met die opstel van die twee vismaatskappye Nengomar Pesca in Angola en Nengomar Namibië. Die aantyging is dat die twee maatskappye gestig is om kwotas uit te ruil om Samherji se kwota te vul en dus die omkoopgeld moontlik te maak. Esau sê aan staatsadvokaat Clive Lutabezi dat hy eenvoudig die ooreenkoms om die Angolese Nengomar te stig onderteken het, maar het nie inligting daaroor gehad nie.