Kommer oor visbronne in noordoostelike riviereMay 12, 2023

Die nasionale konferensie oor mens-dier-konflik van die omgewingsministerie kom vandag tot ‘n einde in die hoofstad.  Dag drie van die konferensie fokus op die vleilandspesies en ingrypings vir konflikbestuur. Onwettige visvang in noordoostelike riviere is ‘n uitdaging vir die ministerie en gemeenskappe. Clinton Hay, ‘n senior lektor aan die Universiteit van Namibië, is bekommerd oor die huidige status van visvoorrade in die Kavango en Kwando-rivierstelsels..