Skrywerstaking: Game of Thrones-aanhangers moet wagMay 9, 2023
Die skryf van ‘n nuwe seisoen van “The Handmaid’s Tale” en die komende “Game of Thrones” se voorstorie is halt geroep na die staking deur duisende rolprent- en televisieskrywers. Die skrywers van die Emmy-bekroonde “The Handmaid’s Tale” het ‘n paar vroeë episodes vir ‘n nuwe seisoen geskryf voor verfilming wat veronderstel was om in die laat somer oorsee te begin, het mede-uitvoerende vervaardiger en skrywer Yahlin Chang gesê, maar dit is gestaak toe die Writers Guild of America (WGA) verlede week ‘n staking uitgeroep het. Die “Game of Thrones”-skrywer George R.R. Martin in ‘n potgooi gesê dat alle skryfwerk vir die “A Knight of the Seven Kingdoms: The Hedge Knight” tot stilstand gedwing is.