Geskorste Openbare Beskermer se hofsaak slurp geld op
Die waarnemende Suid-Afrikaanse Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê hulle sal nou ‘n begrotings-oorskot van die 2021/2022-boekjaar gebruik om die geskorste Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, se regskoste vir die laaste skof van ampsklag-ondersoek te betaal. Mkhwebane se regskoste vir die ondersoek is aanvanklik op 4,5 miljoen Suid-Afrikaanse rand beraam, maar die rekening beloop reeds 30 miljoen rand. Gcaleka sê sommige van die kantoor se funksies staan tans stil omdat Mkhwebane se saak die geld daarvoor geabsorbeer het. ‘n Artikel 194-ondersoek is tans opsy geskuif hangende die besluit oor Mkhwebane se rekening.