Vlugtelinge uit Sudan neem by die dag toe
Die Verenigde Nasies sê meer as 100 000 mense het uit Sudan gevlug sedert hewige gevegte op 15 April tussen mededingende magte uitgebreek het. ‘n Verdere 334 000 mense is binne die land haweloos gelaat. Meer as 550 mense is in gevegte tussen die weermag en die paramilitêre Rapid Support Forces dood. Die VN-Kantoor vir die Koördinering van Humanitêre Sake se woordvoerder, Jens Laerke, sê vlugtelinge het ook oor Sudan se grens met Egipte in die noorde en Tsjad in die weste gevlug.