Lula verklaar 6 inheemse reservate in reënwoud
Brasiliaanse President Luiz Inácio Lula da Silva het ses nuwe inheemse reservate verklaar wat mynbou verbied en kommersiële boerdery, en ontbossing, beperk. Die grond is ongeveer 620 000 hektaar in omstrek. Lula, wat in Januarie as president ingehuldig is, het onderneem om die beleid van sy verregse voorganger Jair Bolsonaro, wat mynbou in inheemse gebiede bevorder het, om te keer. Onlangse jare het ‘n kommerwekkende toename in ontbossing van die Amasone-reënwoud aangeteken, ‘n deurslaggewende buffer in die wêreldwye stryd teen klimaatsverandering. Mynbou het riviere vergiftig en inheemse gemeenskappe het nie toegang tot water of vis nie. Die stap word erken as uiters belangrik nie net vir die beskerming van die reënwoud nie, maar ook vir die voortbestaan van die inheemse stamme.