Verstappen gee pas aan in AzerbeijanApril 28, 2023
Die verdedigende kampioen, Max Verstappen, het die pas aangegee tydens die enigste oefensessie vir die Azerbeijan Grand Prix voor vanmiddag se kwalifiseerder. Charles Leclerc van Ferrari was tweede vinnigste, gevolg deur Sergio Perez se tweede Red Bull met Leclerc se spanmaat, Carlos Sainz, vierde vinnigste. Vandag se kwalifiseerder is vir Sondag se hoof-Grand Prix, terwyl môre ‘n nuwe snelwedren-formaat sal wees, met ‘n aparte snelwedren-uitdaging, om die rooster vir die snelwedren later die middag vas te stel.