Poskantoor-takbestuurder verskyn op klagte van diefstal van R1,2m
‘n Gewese takbestuurder van die Poskantoor in Delareyville in Noordwes sal na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn. Die 37-jarige vrou is Woensdag in hegtenis geneem vir beweerde bedrog van meer as 1,2 miljoen Suid-Afrikaanse rand. ‘n Woordvoerder van die Valke, Tlangenani Rikhotso, sê die verdagte het tussen 2020 en verlede jaar na bewering toegang verkry tot die betaalstelsels van die Poskantoor en die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, Sassa: