OR Tambo-sentrum is vermorsing van R54m, sê DA
Die DA in Gauteng sê die ANC se huldeblyk aan die bekende vryheidstryder Oliver Tambo is bloot lippediens en ‘n belediging vir sy nalatenskap. Die party sê dis na aanleiding van die toestand van die OR Tambo-ontwikkeling in Benoni, Ekurhuleni, wat verwaarloos is en nie gebruik word nie. Kingsol Chabalala van die DA sê die moderne, fasiliteit van 54 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestaan uit ‘n veeldoelige sentrum, ‘n amfiteater en omgewingsentrum, maar bevoordeel weens die swak vakmanskap nie die inwoners van Ekurhuleni nie: