Kaapse plan vir titelaktes is hier ook moontlik, wil ontbreekApril 28, 2023

Die Shackdwellers-federasie van Namibië het gereageer op die nuus dat Stad Kaapstad sê hy is gereed vir die bekendstelling van sy program vir die oordrag van huiseienaarskap. Plaaslik is daar ‘n agterstand van 300 000 eenhede. In die buurland sê die waarnemende burgemeesterskomiteelid vir Menslike Nedersettings, James Vos, nagenoeg 38 miljoen Suid-Afrikaanse rand is vir die program bewillig om oor die volgende drie jaar titelaktes  gratis oor te dra. Heinrich Amushila sê die tipe program kan ook in Namibië geïmplementeer word, dis net die wil wat ontbreek.