Dwelmgebruik onder die loep in TshwaneApril 28, 2023
Die Departement van Gesondheid van die Stad Tshwane en die Universiteit van Pretoria sê hulle sit hulle vennootskap voort om dwelmmisbruik die stryd aan te sê deur die Gemeenskapsgerigte Middelgebruiksprogram in die metro. Die burgemeesterskomiteelid vir Gesondheid, Rina Marx, sê die stad werk sedert Mei 2016 saam met die universiteit om te help met die ontwikkeling en implementering van ‘n gemeenskapsgebaseerde ingrypingsprogram teen middelmisbruik: