Caprivi-groep eis dat UDP-lede onmiddellik vrygelaat moet word
Caprivi Concerned-groep het met kommer verneem van die arrestasie van vyf lede van die United Democratic-party die week. Die party beywer hom vir die onafhanklikheid van wat hy as die Caprivi-strook beskryf. Die groep sê die Namibiese regering moet ophou om sy standpunte af te dwing op die politieke lewe van die inwoners van die strook en dat hulle die kans gegun moet om op ‘n demokratiese grondvlak hulle eie toekoms te kan bepaal. Edwin Samati, die groep se sekretaris-generaal sê die vyf partylede moet onmiddellik vrygelaat word.