Boere kla omdat hulle nie mag oor prysbepalings het nieApril 28, 2023
Die makelaarsfirma Simonis Storm sê in sy jongste ontleding oor landbou in Namibië dat talle produsente met wie hy gepraat het, sou verkies om die bedryf te verlaat omdat hulle nie die mag het om pryse te bepaal nie. Kosmos 94.1 Nuus het Donderdag gerapporteer op die verskille tussen pryse by die plaashek en dié op die winkelrak. In die meeste gevalle is die prys per kilogram ten minste dubbel in die winkel teenoor dit wat die boer ontvang. Die Akkerbouraad meen dit is vervoer, belasting en sy heffings wat die prys opstoot maar, in die geval van groen soetrissies, kry die boer net meer as 15 dollar ‘n kilogram terwyl die verbruiker net meer as 54 dollar ‘n kilogram betaal. Dit is ‘n neiging wat die Simonis Storm sê moet aangespreek word om voedselsekerheid te bewaar. Hy voeg by daar is toenemende platforms en toepe wat geskep is om plaasprodukte van boer tot tafel te kry en op die manier die middelman te vermy.