Verbruikers se bydrae aan BBP sal vanjaar krimp

Daar word voorspel dat persoonlike verbruik gedurende die jaar sal inkrimp. Dit is volgens ‘n ontleding deur PSG Consult. Die Namibiese Statistieke-agentskap sê verlede jaar het persoonlike verbruik 78,2 persent bygedra aan die BBP teenoor 75,8 persent in 2021. Maar met inflasie rondom 7 persent teenoor 4,5 persent in dieselfde tydperk verlede jaar, is daar uitdagings. Verbruik het verlede jaar met meer as 10 persent gegroei maar daardie syfer sal nie vanjaar bereik word nie. Daar word ook voorspel dat die Namibiese ekonomie die jaar stadiger sal groei, teen rondom 3 persent.