Twee minderjarige meisies in Kavango Wes verkrag
‘n Agt-jarige meisie is na bewering Woensdag by Nkurenkuru in die Kavango Wes-streek verkrag. Die Namibiese polisie in die daaglikse misdaadverslag onthul dat die voorval omstreeks om een-uur in die vroeë oggendure plaasgevind het. Daar word beweer dat die verdagte, wat aan die meisie en haar familie bekend is, haar in haar kamer vasgekeer het. Die verdagte moet nog in hegtenis geneem word en die polisie se ondersoek na die saak duur voort. Intussen is ‘n 63-jarige man in Kavango-Wes in hegtenis geneem nadat hy na bewering ‘n 13 jarige meisie verkrag het. Die mag sê die meisie het wildebessies geëet toe die voorvaal plaasgevind het. Hy sal na verwagting Vrydag in die hof verskyn.