Sunak verdedig ontruiming van Britte uit Sudan
Die eerste Britte wat uit die oorloggeteisterde Sudan gered is, het op tuisbodem aangekom. Die sending was moontlik danksy ʼn skietstilstand van 72-uur tussen strydende faksies. Die militêre ontleder, Sean Bell, sê die Britse regering sal waarskynlik die operasie tot na die beëindiging van die skietstilstand verleng. Meer as 300 Britte is reeds ontruim. Die Tory-regering het onder skoot gekom omdat hy so lank gevat het om sy burgelikes te ontruim en die premier Rishi Sunak, het sy regering se stappe so in die parlement verdedig.