Rolspelers uitgenooi vir konsultasies na ondersoek teen NPI se gedrag

Die Namibiese Mededingingskommissie doen ‘n beroep op belanghebbendes om deel te vorm van die openbare konsultasies na sy ondersoek na Namib Mills en Namibia Poultry Industries. Volgens die kommissie het hy klagtes ontvang oor die maatskappy se beweerde weiering om sekere pluimveeprodukte aan sommige kleinsake-ondernemings te verskaf en dus marktoegang vir nuwe toetreders, te beperk. Die kommissie se ondersoek het ten doel om vas te stel of die vermeende gedrag die wet oortree en sal in die komende dae vergaderings skeduleer om insette te kry. Belanghebbendes kan met die kommissie in verbind tree.