Okh-skietery: Oudpolisiehoof sê werkloosheid het niks daarmee te doen nie
Die dood van vyf vermeende rowers wat op Okahandja deur lede van die ernstige misdaadeenheid van die Namibiese polisie en lede van die Stadspolisie doodgeskiet is, het tot ‘n warm debat op sosiale media gelei. Sommige menings is gelig dat jeugwerkloosheid tot misdaad lei en dat baie jeug gedwing is om die leefstyl te volg omdat daar geen ander heenkome is nie. Die oud-polisiehoof, Sebastian Ndeitunga sê dis nonsens. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.