Lungu se party moet gederegistreer word – Zamibiese owerhede
Die voormalige Zambiese president, Edgar Lungu, se Patriotiese Front is ’n week gegee om te verduidelik hoekom hy nie gederegistreer moet word nie. Maar die party met 60 parlementslede sê die voorneme om dit te ontbind is ‘n aanslag op demokrasie deur ‘n “paranoïese” Hakainde Hichilema, die president van die regerende Verenigde Party vir Nasionale Ontwikkeling. Hoofregister van verenigings Thandiwe Mhende, wie se kantoor onder die ministerie van binnelandse sake en binnelandse veiligheid val, het ‘n finale kennisgewing aan Davies Mwila, sekretaris-generaal van die party, geskryf om sy tien ampsdaers te verskaf ingevolge die wet. Die party het die sperdatum misgeloop en moet dus gederegistreer word.