Arnie gesels oor verdraagsaamheid

Die Hollywood akteur en oud-Republikeinse goewerneur Arnold Schwarzenegger sê sy pa was ‘n Nazi.

Hy is in Oostenryk in 1947 gebore en sê hy weet hoe rassehaat kan uitdraai. Hy gebruik sy nou sy platform om teen haat en rassisme in die VSA op te tree. Die land het groot uitdagings met verdraagsaamheid wat kwyn en rassegeweld wat toeneem. Hy het met die Amerikaanse nuuskanaal CNN gesels.

Oor Donald Trump as moontlike presidensiële kandidaat sê Schwarzenegger: Om ‘n voorloper van een party te wees en daardie party die gat dieper en dieper te laat grawe, gaan dit vir die Demokrate maklik maak om te wen. Hy sê dit is hartseer om dit te sien dat die party nie met ‘n nuwe talent vorendag kon kom nie.