Wes-Kaap moet meer as 500 000 skoolaansoeke verwerk

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê 165 993 unieke leerderaansoeke is vir die 2024 akademiese jaar ontvang. Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, David Maynier, sê ouers van 156 093 leerders se aansoeke is betyds ingedien tydens die toelatings-aansoekvenster, terwyl ouers van 9 900 leerders hul aansoeke laat ingedien het. Die LUR sê met ouers wat by meer as een skool aansoek doen, is die algehele getal aansoeke by skole 536 764: