Van den Berg verlaat Ellispark oor ‘onmin’
Die voormalige Springbok-slot, Albert van den Berg, bevestig hy verlaat Ellispark omdat hy nie sy kontrak met die Leeus gaan hernu nie. Die voorspeler-afrigter is glo baie gewild onder die spelers, maar is ontnugter deur die onmin binne die unie. Die tegniese ontleder, Chris Venter, het glo skermskote van private boodskappe op sy skootrekenaar geneem, want hy was oortuig Van den Berg het die uitslag van ʼn spelerspeiling oor die personeel laat uitlek. Van den Berg het reeds regstappe teen Venter gedoen.