Thieme sê daar’s meer as die sakeredding verslag wat die land kan help

Dit is ‘n jaar sedert die sogenaamde Besigheidsreddingstaakmag sy verslag aan President Hage Geingob oorhandig het. Geingob het die taakmag, wat saamgestel is van verskeie kenner in verskillende gebiede van die ekonomie, aangestel om te bepaal wat die beste aanslag is om besighede te beredder met die sukkelende ekonomie. Die meeste voorstelle van die taakmag is nog nie geïmplementeer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voorsitter van die Ohlthaver en List, Sven Thieme, gesels.