Nuus op sosiale media: 0,1% van Namibiërs gebruik dit
In die jongste Cran-verslag het radio het na vore getree as die voorkeurbron van nuus met 40,7 persent van respondente wat in die oggend tussen vyf-uur en agt-uur inskakel. Dit word gevolg deur die internet op 23,6 persent, TV op 21,2 persent en koerante op ‘n skamele 0,7 persent. Die opname wat in 2022 deur Vision Africa Research Services namens Cran gedoen is, het Namibiërs se mediaverbruiksgewoontes ontbloot. Interessant genoeg het net 0,1 persent van die respondente staat gemaak op sosiale media vir nuus.