LEFA sê onwettige vervoerders moet vasgevat word

LEFA-vervoerdienste in Windhoek het diep kommer oor die toenemende voorkoms van ongereguleerde, ongesertifiseerde en onversekerde vervoeroperateurs in Windhoek. Hierdie onwettige operateurs, ondersteun deur internasionale vervoermaatskappye, is volgens LEFA besig om die plaaslike vervoersektor te vernietig, en die stel die veiligheid van passasiers in gevaar. Hulle doen dus ‘n beroep op die Namibiese owerhede om dringend op te tree en het ‘n petisie in die verband ingedien. Kosmos 94.1 Nuus het met Kalipi Aluvilu, die medestigter en bedryfsbestuurder by LEFA gesels.