Dis net die ANC wat die Rome-statuut wil verlaat – Presidensie

Die Suid-Afrikaanse Presidensie sê Suid-Afrika bly ‘n ondertekenaar van die Rome-statuut. Daar het, luidens ‘n verklaring ‘n fout ingekruip by die perskonferensie na die vergadering van die ANC-party se nasionale uitvoerende komitee. Maar, volgens Vincent Magwenya, woordvoerder van die Presidensie, sal die buurland aanpassings maak wat immuniteit aan die met lasbriewe van die Internasionale Strafhof, sal gun. Hy verduidelik.