De Ruyter sê Eskom kartelle is in Mpumulanga

Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, glo kartelle bestaan en bedryf steeds verskeie misdadige bedrywighede binne Eskom in Mpumalanga. Hy verskyn aanlyn voor die Parlement se staande komitee oor Openbare Rekeninge om duidelikheid te gee oor die korrupsiebewerings wat hy tydens ‘n onderhoud met eNCA in Februarie geopper het. Volgens De Ruyter het geen politici hom onregmatig opdrag gegee om op ‘n korrupte wyse op te tree rakende kontrakte aan ‘n steenkoolkartel nie: