Amoomo sê jeugwerkloosheid veroorsaak misdaad, praat oor skietery op Okh

Die nou-bekende regsman Kadhila Amoomo sê die dood van vyf jongmense op Okahandja sal moontlik die katalisator wees vir die Namibiese regering wees om te besef dat ‘n noodtoestand op jeugwerkloosheid verklaar moet word. Die Namibiese polisie, met bystand van die Windhoek Stadspolisie, het vyf gewapende mans, met sommiges wat op borg vrygelaat was, deur ‘n intelligensie-gedrewe operasie tot op Okahandja gevolg en hulle gevang waar hulle gepoog het om in ‘n dobbelhuis in te breek. Die mag sê die mans het eerste geskiet. Vyf is dood en een is soek. Wapens is ook in die ongelisensieerde voertuig gevind. Volgens Amoomo het duisende jongmense hulle aan misdaad gewend as gevolg van werkloosheid. Hy meen ‘n mens moet blind wees om die gevaar wat die samelewing in die gesig staar te ignoreer.