Voorspelling vir daling in diesel in SA, verhoging in petrol

Die Buro vir Ekonomiese Ondersoek in Suid-Afrika verwag volgende week goeie nuus vir diesel-verbruikers aangesien pryse waarskynlik met tot 51-sent-per-liter gaan daal. Motoriste wat petrol gebruik, moet egter voorberei vir ‘n verhoging van meer as 60-sent-per-liter. Hugo Pienaar van die buro sê die afname sal voordelig wees vir mense wat op kragopwekkers staatmaak tydens kragonderbrekings, en moontlik die druk op hoë voedselpryse verlig: