Vlakke van geweld in Sudan is skrikwekkend

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeks verteenwoordiger in Sudan, dr. Richard Brennan, sê die vlakke van geweld in die land is skrikwekkend. Met duisende wat beseer is funksioneer net 25 persent van die hoofstad Khartoem se hospitale omdat soldate die instansies teiken. Brennan het met Britse media gepraat.